Lola Sanchez - [Afrikaans] Onbeskryflik

2014-06-14 33

dis 'n vreemde gevoel
'n onbeskryflike woordelose gewroeg
om te probeer verduidelik.

dis asof my hart 'n vlieg in 'n spinneweb is
asof my lyf protes lewer
asof die lug uit my longe peul in opstand

dit gebeur elke keer
wanneer ek probeer om te verduidleik
van my liefde
my passie (obsessie)
met my siels land.
hier waar daar 'n holte is vir my voet.
hierdie Afrika
hierdie besonderse plek

hierdie vervloekte en geseende land
hoe sal my lyf en siel jou ooit kan verlaat?

Lola Sanchez

http://www.poemhunter.com/poem/afrikaans-onbeskryflik/

Free Traffic Exchange